Afrigter (mentor)

Afrigter (Engels: Coach) kan ook 'n mentor wees vir verskeie persone wat hulle lewe wil vêrder neem en presteer.

'n Afrigter kan 'n persoon in een of meer sfere van sy lewe afrig. So kry mens dus sportafrigters wat fokus daarop om 'n atleet fisies en psigies af te rig om optimaal te presteer in die spesifieke sport. Daar is ook lewenswyse afrigters wat persone afrig om optimaal te funksioneer in die moderne samelewing.

Die afrigtingsindustrie is tans self-regulerend. Daar is verskeie sertifiserings-organisasies, in Suid-Afrika en wêreldwyd.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search